Talle bied wonings vir 2010
FIFA se akkommodasie-agentskap, Match~ kry dalk nie genoeg geskikte beddens vir sy behoeftes gehuur nie, maar op die internet lyk dit of daar eintlik n oorvloed besldkbaar is.
Suid-Afrikaners bied hul wonings op die een na die ander webwerf te huur aan die wêreld se sokkergeesdriftiges.
Sommer op die eerste bladsy wat die bekende soekenjin uitskop, is daar werwe soos www.20I0propertyrentals.co.za, www.southafrica-20I0accommodation.com, www.worldcup-2010accommodation.co.za, www20I0cupaccommodation,co.za, www.room2Ol0.co.za, en wwwsoccer20IOaccommodation.co.za, Me. Sherrill Baard, medestigter van van 2010 Property Rentals, vertel sy en haar dogter, me, Christel Otivier was van plan om die land te verlaat vir die duur van die toernooi, maar toe besef hulle die groot behoefte van verblyfplek vir die sokkergeesdriftiges.
Hulle is al geruime tyd betrokke by die verhuring van vakansie-eiendom en het besluit om eerder te bly en mense te help om hul eiendom vir die toernooi te verhuur.
Mense kan op hul webwerf hul eiendom aanlyn registreer, en Baard en haar agente sal as bemiddelaars optree. Ons wil ons gemeenskap help om ook die vrugte van 2010 te pluk? Baard se baie mense, veral Kapenaars, is bang die sokkergeesdriftiges sal hul boise verniel, maar huurders sal streng gekeur word. Verhuurders kry ook leiding oor besittings wat hulle liefs uithul huise meet ver- wyder.
Terselfdertyd beoog haar onderneming am individue en klein ondernernings te betrek by skoonmaakdienste vir die eiendomme, vervoer vir die sokkertoeskouers en die monitering van huurders.
Bale mense is bang vir die verneukery en dat hulle nie hul geld sal kry nie. Huurders sal egter vooraf moet betaal en daar sal depositos vir moontlike instandhouding gevra word, het sy verduidelik. |